197.242.72.106
HALACHAH - My Daaglikse Wandel Met Abba Vader | Online Ordering Of Products | Bellville, Cape Town | Ade Yah Love | Bellville, Cape Town



{{item.currency}} {{pricing}}





{{item.currency}} {{pricing}}



{{item.currency}} {{pricing}} - Out of Stock

In Halachah, wat in kort beteken: "The way one walks", beskryf ek die gebeure van die periode wat begin het, nege maande nadat ek die eerste openbaring by die See van Galilea ontvang het.

Ek was toe in die proses om die eerste boek, Geheime van die hel ontbloot, te publiseer, terwyl die openbarings van Abba-Vader steeds voortgegaan het. Van ʼn bediening was daar geen sprake nie, maar min het ek toe geweet; dit is waaroor die opleiding sou gaan. Ade Yah Love moes gebore word.

 Aanvanklik het ek nie verstaan nie, maar dit was eintlik ʼn wonderlike pad wat Vader verder met my begin loop het.

   Kortliks wil ek dit so beskryf: Wanneer ons Hemelse Vader aan iemand ʼn spesifieke opdrag gee om uit te voer, sal Hy in Sy liefde en getrouheid so ʼn persoon eers ten volle voorberei, voordat Hy hom of haar uitstuur en sê:

"Gaan en doen wat Ek jou beveel."

In Jeremia 1:17, kry ons die pragtige voorbeeld van hoe Vader die profeet Jeremia ten volle toegerus het vir die spesifieke opdrag; om as profeet vir nasies op te tree.

In Halachah, wil ek u saam met my op so ʼn reis van gehoorsaamheid en voorbereiding neem. Daar was tye dat ek werklik beangs was omdat ek so baie dinge nie kon verstaan nie en die inhoud van die openbarings soveel dieper was as voorheen; maar die liefde waarmee Vader my bemoedig het, het my telkens in sprakelose verwondering gelaat. Hy is altyd in beheer, wat Sy grote plan ookal mag wees

JOIN OUR MAILING LIST
  Join Mailing List
 
  Name & Surname
     
  Email
     
  Mobile no
  Date of Birth